National Geographic onthul 25 beste reis-plekke

Die tydskrif National Geographic het die 25 beste plekke ter wêreld vir reise in 2025 onthul. Dit sluit in Guadalajara in Mexiko, wat gewild is vir sy mariachi-fees, Haida Gwaii, wat ‘n reeks eilande aan die kus van Brits-Colombia is, en Bangkok om die 17-de eeuse Boeddhistiese tempel Wat Chaiwatthanaram te besoek. Die Ierse stad Cork, wat die tuiste is van die ster van Oppenheimer, Cillian Murphy, is ook op die lys vir sy lewendige kultuur. Die hoofredakteur van National Geographic Nathan Lump sê die lys vier die vreugde van reise en die opwinding van ontdekking.