Bulle skop VRK-naweek teen Benetton in Treviso af

Rugby: Die Bulle speel môreaand in Treviso, Italië teen Benetton aan die begin van die naweek se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryde. Afskoptyd is om 8:35. Saterdagmiddag verwelkom die Stormers die Glasgow Warriors op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch, terwyl die Haaie en Munster mekaar die stryd op Kingspark in Durban sal aansê. Later sal die top-twee spanne op die punteleer, Leinster en die Leeus, mekaar op die Aviva-stadion in Dublin pak. Die Bulle is tans vierde op die punteleer, die Stormers 12de en die Haaie 13de.