Alles klopdisselboom by oprigting van distrikshospitaal, sê ministerie

Alle tenders en prosedures te make met die nuwe distrikshospitaal in Havana is in plek en daar is geen probleme nie, volgens die gesondheidsministerie. Dit volg op berigte dat daar niks by die erf aangaan nie en dat die grond nog nie oorgedra is nie. Volgens plaaslike media het die ministerie se uitvoerende direkteur gesê die advertensie vir die grond wat te koop is, is net prosedure. Die aktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo het na die projek verwys as ‘n verkiesingsbelofte. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van die ministerie gekry. Woordvoerder Walters Kamaya brei uit oor die prosesse en sê die kommentaar van mense soos Amushelelo is polities gemotiveer.