Wat doen Etosha met al die toerismegeld?

Die toestand van die Etosha Nasionale Park se paaie is weer in die nuus. Rohl’s Tours and Safaris gaan vanaf 1 Desember nie meer toere na die park neem in hul eie voertuie nie, weens voortdurende skade en herstelkoste. Die maatskappy sê diegene wat die park bestuur het die nasie en die toerismebedryf in die steek gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskappy se Wolfgang Rohl gepraat, wat wonder waar al die geld heengaan wat uit toerisme gemaak word.