Harris sê Trump al meer onstabiel, van stryk af

Die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, glo oudpresident Donald Trump wil in ‘n moontlike tweede termyn onbeteuelde mag hê. Dit volg nadat Trump se voormalige personeelhoof in die Withuis, John Kelly, hom ‘n fascis genoem het. Hy het opgehaal hoe Trump die feit betreur het dat hy nie generaals gehad het wat trou aan hom gesweer het op dieselfde manier wat militêre bevelvoerders Adolf Hitler gedien het nie. Harris sê Trump wil ‘n Weermag hê wat aan hom, persoonlik getrou is.