Grobbelaar, Louw opgeroep vir Bokke

Rugby: Johan Grobbelaar en Wilco Louw is opgeroep om by die Springbok-groep aan te sluit vir volgende maand se toer. Dit volg nadat die voorspeler Jan-Hendrik Wessels weens ʼn besering onttrek het. Hy het verlede Saterdag sy enkel beseer in die Bulle se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting met Scarlets. Grobbelaar en Louw se insluiting vergroot die groep tot 35 spelers, bestaande uit 19 voor- en 16 agterspelers. Afrigter Rassie Erasmus sê hy is opgewonde om te sien hoe die twee presteer teen gehalte-teenstanders in Skotland, Engeland en Wallis.