Verlaag rentekoerse ‘vir die mense’: Action SA

ActionSA sê die daling in die verbruikersprysindeks skep geleentheid vir die Reserwebank om rentekoerse te verlaag wat humanitêre gevolge inhou. Suid-Afrika se inflasiekoers het in September op ʼn jaar-tot-jaar-basis aansienlik verlangsaam van 4,4-persent in Augustus tot 3,8-persent in September. Alan Beesley van ActionSA sê die daling word toegeskryf aan eksterne faktore soos laer oliepryse, eerder as aan die regering van nasionale eenheid: