Proteas wen eerste Bangladesj-toets met 7 paaltjies

Krieket: Kagiso Rabada en Kyle Verreynne was Suid-Afrika se helde in hulle oorwinning met sewe paaltjies oor Bangladesj in die eerste toets in Mirpur. Verreyne het die Proteas in hulle eerste beurt gelei tot ‘n voorsprong van 202 lopies met ‘n blitsige honderdtal nadat die gashere uitgeboul is vir net 106. Rabada het toe ses paaltjies platgetrek en Bangladesj vir 307 help uitboul, wat aan die besoekers ‘n wenteiken van 106 gestel het. Suid-Afrika het dit bereik vir die verlies van drie paaltjies. Die tweede toets begin Dinsdag in Chattogram.