Gesogte potgooi geloods

PSG Wealth Namibia het ‘n nuwe geselsprogram genaamd “Windows of Wealth” bekendgestel. Die program bevat onderhoude met invloedryke Namibiese leiers wat hul persoonlike en professionele reise deel. Die doel is om Namibiërs te inspireer en te bemagtig. Gaste sluit in Gys Joubert, die uitvoerende direkteur van Gondwana Collection Namibia, en finansminister Iipumbu Shiimi. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die direkteur van PSG Wealth Management, Brian van Rensburg, wat beklemtoon dis belangrik om Namibiërs se stories te vertel.