Eisers in Amushelelo-batesaak bereik 40, vra N$2,2m

Veertig eisers het tot dusver na vore getree in die saak waar die aanklaer-generaal die bates van Michael Amushelelo in verband met sy verbrokkelde buitelandse valuta-beleggingskema wil oorneem. Dit kom na Ananias Shikongo sy eis vir meer as 200 000 Namibiese dollar begin September ingedien het. Meer as 2,2 miljoen dollar word geëis na hulle beleggings by Amushelelo gemaak het. Die saak kom weer vandag voor regter Thomas Masuku voor vir ‘n statusverhoor.