Boeing-werkers staak weer, verwerp aanbod

Boeing se grootste vakbond het ʼn nuwe kontrak verwerp wat die 33-duisend werkers se staking van byna ses weke wat produksie lamlê, verleng. Die Internasionale Vereniging van Masjiniste-vakbond sê 64-persent van sy lede het teen die voorgestelde ooreenkoms gestem. Die voorgestelde kontrak sou vier jaar duur en ʼn verhoging van 35-persent meebring. Werkers het aanvanklik ʼn salarisverhoging van 40-persent geëis.  Boeing se uitvoerende hoof, Kelly Ortberg, het aan beleggers gesê hulle werk koorsagtig aan ʼn oplossing wat vir alle partye sal werk.