Ramaphosa het lof vir Brics-bank 

President Cyril Ramaphosa sê die Nuwe Ontwikkelingsbank speel ‘n noodsaaklike rol om die ontwikkelingsdrome van lande in die Globale Suide te steun. Hy het op die 16de BRICS-beraad in Kazan, Rusland, die bank se bydraes geloof vir die groei en ontwikkeling van ontluikende markte en ontwikkelende ekonomieë onder die leierskap van Dilma Rousseff. Ramaphosa vra selfs sterker samewerking onder BRICS-lande om die bank se bronne vir volhoubare ontwikkeling aan te wend: