Klimaatsverandering veroorsaak verwoestende oorstomings
‘n Studie deur die netwerk World Weather Attribution het bevind klimaatsverandering in Afrika wat deur mense veroorsaak word het seisoenale reën vererger, wat uitgeloop het op verwoestende oorstromings. Vanjaar se oorstromings het die dood veroorsaak van omtrent 1 500 mense en meer as ‘n miljoen ontheem in Wes- en Sentraal-Afrika. Aardverwarming het seisoenale neerslae vanjaar ongeveer 5 tot 20 persent meer intensief gemaak in die Niger- en die Chadmeer-komme. World Weather Attribution vra meer belegging in vroeë waarskuwingstelsels en opgradering van damme.