Hezbollah bevestig Safieddine se dood 

Die Libanese militante groep Hezbollah het bevestig ʼn moontlike opvolger vir sy ontslape leier, Hassan Nasrallah, is byna drie weke gelede in ʼn aanval in Beirut dood. Die Israelse Weermag het Dinsdagaand bekendgemaak dat Hashem Safieddine dood is toe hulle Hezbollah se ondergrondse intelligensie-hoofkwartier aangeval het. Safieddine was die leier van die groep se uitvoerende raad en Nasrallah se neef. Die IDF het Safieddine jare lank beskuldig van terroriste-aanvalle teen Israel. Hezbollah moet nog ʼn opvolger vir Nasrallah aanwys.