Groot gebrek aan kern-kankerdienste in Afrika

Die 2de Kernwetenskap- en Tegnologiekonferensie is tot Vrydag in Swakopmund aan die gang. Die tema is “Ontsluit die potensiaal van Kernwetenskap en Tegnologie vir Namibië se Ontwikkeling”. Die konferensie sal na verwagting deur internasionale vennote en hoëvlak-beleidmakers toegespreek word om ‘n globale perspektief en ‘n nasionale uitkyk in terme van die kernlandskap te bied. Professor Shaukat Abdulrazak van die Internasionale Atoomenergie-agentskap het tydens die geleentheid kommentaar gelewer oor die gebrek aan noodsaaklike kankerdienste in Afrika suid van die Sahara.