Fifa skuld oud-spelers glo laaste uitbetalings

Sokker: Die wêreld-beheerliggaam, Fifa, word daarvan beskuldig dat hy nie voormalige Europese spelers betaal wie se klubs nie hulle kontrakte eerbiedig nie. Fifa skuld glo 420 spelers hulle laaste uitbetaling van altesaam 66-miljoen Namibiese dollar en dit was in September verlede jaar betaalbaar. Die geld was veronderstel om uit Fifa se Spelersfonds betaal te word, wat in 2020 gestig is. BBC Sport berig baie van die spelers wat geraak word, is nou werkloos of het uitgetree en het die geld dringend nodig.