NamChefs bied Sjef van die Jaar-kompetisie aan

Die Namibiese Sjefsvereniging, NamChefs, bied van môre tot Saterdag die Sjef van die Jaar-kompetisie aan by die NUST Hotelskool se opleidingskombuis. Die kompetisie het ten doel om Namibië se kulinêre talent ten toon te stel en plaaslike kookkuns te bevorder. Deelnemers sal in drie kategorieë meeding naamlik skole, junior vir sjefs met minder as 5 jaar ondervinding, en senior. Die wenners sal Saterdag by ‘n prysuitdeling by Maerua Mall Rooftop aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die gewilde sjef Sanet Prinsloo, ‘n NamChefs uitvoerende komiteelid, wat uitbrei oor deelnemers se taak.