Schlettwein smeek vir water-befondsing in klimaatsverandering

Landbouminister Calle Schlettwein het in ‘n paneelbespreking by die 10de Waterkonvensie-byeenkoms in Slowenië, Namibië en Angola se effektiewe samewerking in oorgrens-waterbestuur uitgelig. Namibië deel al sy standhoudende riviere met buurlande. Schlettwein sê die samewerking is instrumenteel in die aanspreek van waterskaarste, die versterking van klimaatsveerkragtigheid en die versekering van regverdige waterhulpbrontoewysing. Hy het ook die noodsaaklikheid van befondsing vir Afrika en Namibië beklemtoon, om die impak van klimaatsverandering op die varswater-siklus te versag. Hy het ‘n beroep gedoen op lidlande van die Waterkonvensie om by Cop29 die wateragenda en die desperate behoefte aan befondsing te prioritiseer en uit te lig.