Hernubare energie nodig en dis nie duur, sê kundige

Afrika en ook Namibië ondergaan vinnige ekonomiese ontwikkeling en verstedeliking, en dus ‘n toename in energievraag. Die opwekking van elektrisiteit deur fossielbrandstowwe is egter skadelik vir die omgewing. Namibië is tans op pad om deur groenwaterstof-inisiatiewe sy kraglewering te ontkool. Marco Raffinetti, die uitvoerende hoof van Hyphen, het by ‘n onlangse mediageleentheid meer oor hernubare energie verduidelik.