Ape vrek van besmette grond in Hong Kong-dieretuin

‘n Bakteriële besmetting was verantwoordelik vir die dood van minstens nege ape in ‘n dieretuin in Hongkong. Die owerhede sê hulle is aan bloedvergiftiging dood nadat hulle melioïdose opgedoen het. Die bakterieë wat in die diere se organe gevind is, het waarskynlik van die grond naby hul habitat gekom. Die bakterieë wat hierdie siekte veroorsaak is algemeen in klam kleigrond. Mense sowel as diere kan geraak word, maar dit is onwaarskynlik dat dit van diere na mense oorgedra sal word. Die soogdierafdeling is afgesper as voorsorgmaatreël.