Nottingham Forest se eienaar uit stadion geskors

Sokker: Die eienaar van die Engelse klub, Nottingham Forest, Evangelos Marinakis, is vir vyf wedstryde uit die stadion geskors nadat hy naby beamptes gespoeg het. ’n Onafhanklike reguleringskommissie het hom aan onbehoorlike gedrag skuldig bevind . Hy het verlede maand op die grond gespoeg terwyl wedstrydbeamptes in die tonnel verbystap het nadat Forest met een-nul in die Premierliga teen Fulham verloor het. Bestuurder Nuno Espírito Santo en middelveldspeler, Morgan Gibbs-White, is ook geskors vir ’n afsonderlike voorval gedurende ’n gelykop uitslag van twee-elk verlede maand tussen Forest en Brighton.