Saara bevestig N$482m se tekorte aan droogtehulp

Die Namibiese regering het ‘n landwye droogtehulpprogram van stapel gestuur, wat op 1,6 miljard Namibiese dollar beraam word, om kritieke hulp te verleen aan gemeenskappe wat met ernstige tekorte worstel. The Brief berig dat ten spyte van die aansienlike toewysing van fondse, is daar steeds ‘n finansieringsgaping van 482 miljoen dollar. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die Afrika-streekplatform vir ramprisikovermindering toegespreek en die finansiële tekorte uitgelig. Die droogte het ‘n verwoestende impak op Namibië se landbou- en veesektore en het tot wydverspreide voedselonsekerheid en watertekorte gelei.