Vlieënier wat Top Gun-akteurs opgelei het, sterf in vliegongeluk

Die vlieginstrukteur wat akteurs in die 2022 Top Gun: Maverick-fliek opgelei het, is in ‘n vliegtuigongeluk tydens ‘n lugvertoning in New Mexico dood. Charles Thomas “Chuck” Coleman was die enigste persoon aan boord van die tweesitplek Extra Flugzeugbau EA300-eenvliegtuig toe dit Sondagmiddag neergestort het. Hy was besig met toertjies by die Las Cruces Air and Space Expo. Coleman was ‘n ingenieur en toetsvlieënier met meer as 10 000 ure.