Amerikaners moet teen môre sê oor swartrenoster jagtrofeë van Namibië

Amerikaanse burgers het tot môre om insette te lewer rakende die invoer van twee swartrenoster jagtrofeë na die VSA. Die Amerikaanse Fish and Wildlife Service het voorheen, verskeie male, die tipe invoer toegelaat. Die diere, 28 en 31 jaar oud is op Erindi Privaat Wildreservaat en in die Mangetti Nasionale Park in 2022 gejag. Die twee jagters, een van Florida en die ander van Texas het volgens wat berig word, 250 000 Amerikaanse dollar, of 4,4 miljoen Namibiese dollar elk betaal vir die diere. Die laaste invoerpermit vir ‘n swartrenoster na die VSA is in 2019 toegestaan.