Nam-jeug neem klimaatbedreiging onder die loep

Die Plaaslike Konferensie van Jeug Namibië, wat vandag en môre byeenkom, bring jong klimaatvoorstanders van regoor die land bymekaar. Dit het ten doel om ‘n omvattende jeugklimaatstrategie en -aksieplan te ontwikkel. Klimaatsverandering verteenwoordig die grootste bedreiging vir ontwikkeling en welvaart reg oor die wêreld, sowel as plaaslik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mariah Willem, die konferensie se mediakoördineerder, wat meer inligting gee oor die onderwerpe wat bespreek gaan word.