Windhoek oorskry weer besparingsteiken

In sy jongste kennisgewing sê Stad Windhoek dat water besparingsteikens steeds nie gehaal word nie. In die week van 14 tot 21 Oktober is die teiken met 16 persent oorskry. Die teiken vir besparing is op 15 persent onder gebruik vasgestel ingevolge die kategorie D-droogte wat tans ervaar word. Die sentrale damme se totale bronne staan tans op 12,1 persent met water wat vanaf Berg Aukas en Swakoppoort in Von Bach oorgedra word. Die meerderheid van Windhoek se water kom van herwinning, die akwifer en boorgate.