Staatsdepartemente, -entiteite in SA vermors miljarde

Die ouditeur-generaal se kantoor sê 36 staatsdepartemente se verkwistende en onregmatige uitgawes het die afgelope vyf jaar 1,48-miljard Suid-Afrikaanse rand beloop. Instellings in staatsbesit se bedrag is meer as 2 miljard rand. Die departemente wat die meeste tot verkwistende en onregmatige uitgawes bygedra het, is Bosbou, Visserye en die Omgewing, Basiese Onderwys, Polisie, Toerisme en die Tesourie. Die OG se oudit-hoof, Bongi Ngoma, het aan die Parlement se staande komitee oor Bewilligings gesê instellings in staatsbesit wat die meeste tot hierdie uitgawes bygedra het, is die SAL, Transnet en die Poskantoor: