VSA sal sanksies teen lande wat Rusland se weermag steun instel

Amerika gaan volgende week reeds streng nuwe sanksies instel wat gerig is op lande wat Rusland se weermag steun. Die minister van Finansies, Janet Yellen, sê die nuwe sanksies is gemik op diegene wat die Kremlin se oorlogsmasjien aan die gang hou, asook tussengangers in ander lande wat Rusland van kritieke insette vir sy weermag voorsien. Haar verklaring kom terwyl die  wêreld se finansiële leiers vandeesweek in Washington byeen is vir die jaarvergaderings van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank. BRICS-lande vergader terselfdertyd in Rusland.