Midde-Ooste: Twee goed bly oor, bring gyselaars huis toe, stop die oorlog

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, moet munt slaan uit die Hamas-leier, Yahya Sinwar, se dood deur die oorlog in Gaza te beëindig en die gyselaars huis toe te bring. Blinken het Dinsdag in Tel Aviv met die eerste minister beraadslaag en gesê Amerika glo Israel moet meer doen om humanitêre hulp na Gaza moontlik te maak. Blinken het met die media gepraat net voor sy vertrek na Saoedi-Arabië. Hy sê Israel het sukses behaal.