Oorwinnings vir Real Madrid, Arsenal en Aston Villa in die Kampioeneliga

Vinicius Junior het ‘n driekuns vir die verdedigende kampioen aangeteken in Real Madrid se kragmeting teen Borussia Dortmund wat reeds met vyf-twee in die Santiago Bernabeu-stadion voorgeloop het. Die kaptein, Lucas Vazquez, en Antonio Rudiger het ook doele vir die Spaanse kampioene aangeteken. Arsenal het Shakhtar Donetsk een-nul in die Emirate geklop met ‘n eie doel deur die doelwagter Dmytro Riznyk. Aston Villa het nou drie oorwinnings behaal nadat John McGinn en Jhon Duran hulle met twee-nul oor Bologna laat seëvier het.