Polisiestasie in DRC broodnodog 

Rössing Uranium se belegging van 20 miljoen Namibiese dollar in ‘n nuwe polisiestasie in die DRC-nedersetting op Swakopmund het meer as 100 werksgeleenthede vir inwoners geskep sedert bouwerk in Julie begin het. Die projek is 46 persent voltooi en sal na verwagting teen Januarie volgende jaar oorhandig word. Die inisiatief is daarop gemik om gemeenskapsveiligheid te verbeter terwyl beduidende werksgeleenthede in die vinnig groeiende DRC-gebied voorsien word. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol se Erongo-streekbevelvoerder kommissaris Nikolaus Kupembona gesels oor die belangrikheid van die nuwe polisiestasie.