Abercombie-hoof vas vir mensehandel 

Abercrombie and Fitch se voormalige uitvoerende hoof, Michael Jeffries, sy vennoot Matthew Smith, en tussenganger James Jacobson is gearresteer en aangekla dat hulle ʼn prostitusie- en internasionale sekshandeloperasie bedryf. Jeffries was van 1992 tot 2014 dié modemaatskappy se uitvoerende hoof. Die aanklaer vir New York se Oostelike Distrik, Breon Peace, sê volgens die aanklag het Jeffries na bewering sy mag en invloed gebruik om jong mans te teiken wat drome het om in die mode- en modelwêreld te werk: