Swaardvis dood branderplankryer 

‘n Italiaanse branderryer is dood nadat sy deur ‘n swaardvis deurboor is aan die kus van Wes-Sumatra in Indonesië. Die 26-jarige Giulia Manfrini het gesterf ondanks die dapper pogings van haar metgesel, personeel van die plaaslike vakansieoord en dokters om haar lewe te red. Volgens ‘n mediese verslag het sy ‘n steekwond van vyf sentimeter aan die linkerkant van haar bors opgedoen. Naaldvisse en swaardvisse het albei lang, skerp bekke en kan uit die water spring.