Modi beywer vir vrede in Oekraïne by BRICS 

Indiese eerste minister Narendra Modi het aan Russiese president Vladimir Putin op die vooraand van die BRICS-beraad gesê dat hy vrede in die Oekraïne wil hê en dat Nieu-Delhi gereed is om te help om ‘n wapenstilstand te bewerkstellig. Die beraad het in Kazan begin en Putin wil hê dit moet die toenemende invloed van die nie-Westerse wêreld ten toon stel nadat Amerika en sy bondgenote probeer het om Rusland oor die oorlog te isoleer. Putin het gesê dat Moskou nie die vier streke van Oos-Oekraïne wat volgens hom nou deel is van Rusland, sal weggee nie. Moskou wil ook hê dat sy langtermyn veiligheidsbelange in Europa in ag geneem word.