Telecom loods blitslyn vir fluitjieblasers

Telecom Namibia het ‘n toegewyde fluitjieblaas-blitslyn geloods, wat daarop gemik is om deursigtigheid, etiese gedrag en aanspreeklikheid oor alle vlakke van die organisasie te bevorder. Die blitslyn, bekend as “The Jiva Tip-off Hotline” sal dien as ‘n vertroulike en veilige kanaal vir die aanmelding van wangedrag en ander kwessies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nomvula Kambinda, woordvoerder van Telecom, wat meer deel.