Eerste konsultasies vir teerpad vanaf Walvis na Maltahöhe via Solitaire

Enviro Management Consultants nooi alle behanghebbendes uit om vergaderings rakende die opgradering van die hoofroete 36, en 31, vanaf Walvisbaai na Maltahöhe via Solitaire na teerstandaard by te woon. Tulipamwe Consulting Engineers is aangestel om die werk uit te voer en ‘n omgewingsplan moet ingedien word. Dit is uiters goeie nuus vir veral toerisme sowel as inwoners en besighede van die gebied. Die eerste vergadering is op 5 November op Walvisbaai met een op 6 November in Solitaire en die laaste, op 7 November in Maltahöhe.