PDM ruk op teen stembrieftender

Die PDM het Dinsdagmiddag die strate ingevaar om teen die tender wat aan Ren-Form toegeken is om die stembriewe vir die verkiesing te druk, te betoog. Ren-Form word beskuldig van korrupsie met die druk van stembriewe vir Zimbabwe se verkiesing. PDM president McHenry Venaani het ‘n petisie aan die Verkiesingskommissie van Namibië oorhandig waarin gevra word dat die tender onmiddellik gekanselleer word. Venaani sê dat die komissie se versuim om selfs die mees basiese omsigtigheidsondersoek te doen voor die toekenning van die kritieke kontrak, ‘n bewys is van sy onverantwoordelike en diep gebrekkige besluitneming. Venaani het tydens die betoging gepraat.