Insekte ook belangrik in bewaring, toerisme

‘n Tweedaagse konferensie is by Unam se Katima Mulilo-kampus aan die gang oor wildbewaring en toerisme. Die geleentheid is georganiseer deur die universiteit se Departement Natuurlewebestuur en Toerismestudie, en is gefokus op kundiges, praktisyns en belanghebbendes in wildbewaring en toerisme. Die konferensie ondersoek innoverende benaderings om pogings in wildbewaring en volhoubare toerisme te harmoniseer. Verteenwoordigers van Namibië, Botswana en Zambië sal insette lewer. Die Zambezi-streekgoewerneur, Lawrence Sampofu, het tydens die opening die waarde van hierdie platforms beklemtoon, veral in ‘n gebied met talle bewareas en ‘n geskiedenis van mens-wild konflik.