Blouligbrigades aggressief, skandalig: AA

Die Automobiel-Assosiasie het die optrede van blouligbrigades op Gautengse hoofweë gekritiseer en beskryf dit as ‘n skandalige plaag op die land se paaie. Woordvoerder Eleanor Mavimbela waarsku die brigades wat teen ʼn hoё snelheid jaag hou ʼn ernstige bedreiging vir motoriste in weens die aggressiewe gedrag van beamptes. Die AA vra politici om te verseker dat hulle begeleiers professioneel optree en beklemtoon die gerief van BBP’s regverdig nie roekelose bestuur nie.