Glasgow bevestig as gasheer vir Statebondspele

Statebondspele: Glasgow is bevestig as die gasheer van die 2026 Statebondspele. Die geleentheid ondervind ‘n magdom probleme sedert die oorspronklike gasheer, die Australiese deelstaat Victoria, verlede jaar weens stygende uitgawes onttrek het. Die Skotse regering het Glasgow die groen lig gegee en die Statebondspele-federasie het aangekondig die 2014-gashere sal vanaf 23 Julie tot 2 Augustus 2026 die volgende Spele aanbied. Slegs tien sportsoorte sal aangebied word, vergeleke met die 19 in Birmingham in 2022.