Onreëlmatighede in Mosambiek-verkiesing: EU-waarnemers

Verkiesingswaarnemers van die Europese Unie het onreëlmatighede opgemerk in die uitslag van Mosambiek se algemene verkiesing, wat die opposisie tans betwis. Onluste-polisie in die hoofstad, Maputo, het gister traanrook afgevuur om ‘n skare uiteen te jaag wat betoog het teen beweerde bedrog in die presidents- en parlementêre verkiesing op 9 Oktober. Twee medewerkers van die opposisie-presidentskandidaat, Venancio Mondlane, is vroeër doodgeskiet. Die EU se waarnemingsending sê onreëlmatighede is opgemerk tydens die tellery, asook ongeregverdigde wysigings van verkiesingsuitslae op stemlokaal- en distriksvlak.