Vier Wêreldbeker-wenners terug in Bok-groep

Rugby: Vier Wêreldbeker-wenners, Damian Willemse, André Esterhuizen, RG Snyman en Franco Mostert, maak ʼn welkome terugkeer na die Springbok-groep vir volgende maand se toer. Afrigter Rassie Erasmus het ʼn groep van 34 spelers aangekondig om op 10 November teen Skotland in Edinburgh te speel, op 16 November teen Engeland in Londen en ʼn week later teen Wallis in Cardiff. Kaptein Siya Kolisi en die groep vertrek Sondag vir ʼn oefenkamp in Jersey. Sacha Feinberg-Mngomezulu, Salmaan Moerat, Steven Kitshoff en Lood de Jager is weens beserings nie oorweeg nie.