Besoedeling in Oranje-Senqu-rivierkom sal gemeenskappe raak

Die dalende watergehalte in die Oranje-Senqu-rivierkom, wat deur Namibië, Suid-Afrika, Botswana en Lesotho gedeel word, wek kommer. Die afname in watergehalte word toegeskryf aan meer mynbou- en landbouaktiwiteite, swak bestuur van afvalwater en vaste afval, en onvoldoende sanitasie-infrastruktuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher, wat sê die besoedeling gaan ‘n groot impak hê op gemeenskappe, soos in Suid Afrika gebeur het.