Media ombudsman het kommer oor stembrief-warboel

Die media ombudsman, John Nakuta, het kommer oor die kontroversies rondom die toekenning van die stembriefdruktender vir die komende verkiesing. Nakuta het gepraat by die aanbieding van ‘n verslag oor ‘n deurlopende mediamoniteringsprojek voor die verkiesings. Nakuta sê of die bewerings waar is of nie, die nasie is bekommerd oor die omstredenheid. Hy voeg by dat die media ‘n verpligting het teenoor die nasie, veral tydens verkiesings wanneer demokrasie op die spel is. Na sy mening het die media die nasie op hoogte gehou van gebeure rondom die tender-toekenning, en het ook ‘n verpligting teenoor politieke partye en die kandidate self.