Kosverkope aan leerders kort regulering: DA

Die DA in KwaZulu-Natal sê die LUR vir Onderwys, Sipho Hlomuka, moet toesien dat regulasies oor die verkoop van enige kos aan leerders verskerp word. Dit volg na 22 kinders van die Ngaqa Primary School in Mtubatuba Maandag in die hospitaal opgeneem is na hulle versnaperings van handelaars buite die skool geëet het. Sakhile Mngadi van die DA sê hulle erken ook die rol van munisipaliteite in die toepassing van regulasies in die huidige krisis: