Nog ’n Bulle-rooikaart word opgehef

Rugby: ‘n Rooikaart aan die Bulle is die tweede agtereenvolgende week opgehef. Die Italiaanse skeidsregter Federico Vedovell het die Springbok-haker Johan Grobbelaar Vrydag afgestuur vir ʼn gevaarlike duikslag tydens die Pretoriase span se nederlaag van 22-23 teen Scarlets in Wallis. ʼn Tugkomitee van die Verenigde Rugbykampioenskap het die rooikaart egter na geel verander. Dit volg nadat David Kriel se rooikaart wat hy die vorige naweek teen Ospreys gekry het, opgeskort is. Die Bulle speel die naweek hulle derde toer-wedstryd in Treviso teen Benetton.