VN-dag sal Namibië se ontwikkeling-raamwerk bekendstel

Die Verenigde Nasies in Namibië bied op Donderdag, 24 Oktober die VN-dagviering aan. Vanjaar se geleentheid het spesiale betekenis aangesien die Verenigde Nasies se raamwerk vir volhoubare ontwikkelingsamewerking 2025-2029 ook bekendgestel sal word. Dit is ‘n strategiese plan wat Namibië se volhoubare ontwikkeling vir die volgende vyf jaar sal rig. Dit herdenk ook 34 jaar van die VN se vennootskap met die Namibiese regering en mense. Die raamwerk sal die land se sleutel-ontwikkelingsprioriteite aanspreek, en fokus op gebiede soos bestuur, ekonomiese herstel, volhoubare groei en menslike ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hopolang Phororo, die VN-inwonende koördineerder, wat meer inligting oor VN-dag gee.