Verreyne help Proteas na groot voorsprong

Krieket: ‘n Briljante honderdtal deur Kyle Verreyne het Suid-Afrika ‘n eerstebeurt-voorsprong van 202-lopies oor Bangladesj besorg op die tweede dag van die eerste toets in Mirpur. Die Proteas het die gashere gister vir net 106 uitgeboul, maar die besoekers het daarna hulle sesde paaltjie verloor met ‘n voorsprong van slegs twee lopies. Verreyne, eers bygestaan deur Wiaan Mulder en toe deur Dane Piedt, het die telling tot 308 geneem voordat hy op 114 gestonk is. Mulder het 54 bygedra en Piedt 32, terwyl Taijul Islam vyf paaltjies geneem het.