Landbou en politiek moet geskei word

Die landbou-organisasie TLU SA sê hy is sterk gekant teen die wyse van hervorming in die landbousektor. Die Departement van Landbou het onlangs kriteria vir Swart Ekonomiese Bemagtiging bekendgemaak wat verlaagde tariewe vir in- en uitvoer betref, asook planne om bemagtiging verpligtend te maak. TLU SA se hoof, Bennie van Zyl, sê die rol van ʼn bestendige landbousektor in die land is te belangrik om aan enige politieke agenda ondergeskik te wees: