Zim se kragtekorte dwing ekonomie op sy knieë

Die lae vlakke van die Zambezi-rivier wek kommer in Zimbabwe. Die land genereer tans 1 020 megawatt met Kariba wat net 320 megawatt kan bydra. Kenners beskryf die opwekkingskapasiteit van Zimbabwe, op maksimum 2 000 megawatt as pateties en sê daar is nie pas gehou met die bevolkingsgroei nie. Die land het amper 16,7 miljoen mense. Die land ervaar tans kragonderbrekings van tot 20 ure daagliks wat op sy beurt die ekonomie kelder. Zambië het ook aangekondig dat hy nie meer elektrisiteit aan Namibië kan verskaf nie.